Foto's Francois Oberholster en Kosie Jansen van Rensburg
Met ’n groentetuin op jou werf kan jy regdeur die jaar vars kos op die tafel hê. En wanneer jy plant of saai volgens die seisoen, sal jou groente floreer.
Megan McCarthy, tuinboukundige op die Boschendal-wynlandgoed in die Boland, verdeel planttyd op dié historiese plaas in drie seisoene: lente (Augustus tot November), somer (Desember tot Februarie) en herfs/ winter (Maart tot Julie).