book-icon Uitgawe Oktober | November 2021

Kweek jou eie tamaties

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tamaties
Tamaties

Die meeste tuiniers is dit eens: Tuisgekweekte tamaties smaak lekkerder as dié wat jy in die winkel koop. Talle kultivars groei van saad, veral die erfenistamaties, wat in verskeie kleure te kry is. Almal hou van baie son en vaar die beste in komposryke grond wat goed dreineer. 

Spasiëring en genoeg water is noodsaaklik om ’n infestering deur witvlieg te keer. Maak gereeld nat (nie te min of te veel nie – die vrugte kan bars van te veel water). Gee water by die plantbasis, aangesien nat blare tot swamsiektes kan lei. Spasieer plante minstens 1 m uitmekaar vir goeie lugsirkulasie. 

Maak seker van jou tamatie se groeiwyse: Bostamaties groei tot ’n sekere hoogte, terwyl ranktamaties gestut moet word. Bostamaties het ook ’n beperkte produksieleeftyd en jy moet gereeld saai om opeenvolgende oeste te verseker. Ranktamaties sal die hele somer vrugte dra. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees