Foto’s: Francois Oberholster en verskaf
Deur Kay Montgomery
2019 is die jaar van die kappertjie, benoem deur Fleuroselect, die internasionale organisasie vir die ornamentele-plantbedryf. Dié outydse blom bly ’n groot gunsteling onder moderne tuiniers; dit bring steeds vreugde in die tuin én op jou bord van vroeg in die somer tot laat in die herfs.