WEN groot en gee die geskenk van lewe

akkreditasie
Staan ’n kans om R10 000 in ’n effektetrust met Old Mutual te wen.

Dis die seisoen om te gee en ons wonder almal hoe ons die liefde met ons geliefdes sal deel. Kerskouse en soetgoed is wonderlik – maar hoekom nie vir hulle ’n lewenslange geskenk of nalatenskap gee wat langer as die feestyd sal duur nie? Daar is ’n paar dinge wat jy kan doen om geliefdes se lewens te verbeter – dit is die ware geskenk wat aanhou gee. En watter beter geskenk is daar as ’n beter toekoms? Lees verder vir ’n paar wenke.

Het jy jou testament bygewerk?

As jy ’n testament het, moet jy dit bywerk om te verseker jou gesin het minder om hul oor te bekommer indien jy nie meer saam met hulle is nie. As jy nie ’n testament het nie, kan Old Mutual jou help om ’n testament op te stel en ’n belastingdoeltreffende boedelplan te skep.

Doen behoorlike boedelbeplanning

Selfs as jy nie baie bates het nie, moet jy ’n boedel beplan – Old Mutual kan jou daarmee ook help. Jou boedel bestaan uit alles wat jy besit – soos jou huis, motor, spaargeld, beleggings en persoonlike besittings. Dit verminder die belasting wat moontlik betaalbaar is en beskerm eindelik die belange van jou erfgename.

Hoe om jou lewensmaat te beskerm

Het jy al gehoor van die Old Mutual Protect Last Survivor Cover? Dit is ideaal vir ’n egpaar om hul bates te help beskerm. Dit bied ook ’n kostedoeltreffende manier om ’n nalatenskap vir hul kinders na te laat. So hoe werk dit? Wanneer jy sterf, kan boedelbelasting betaalbaar wees. As jy egter jou hele boedel aan jou eggenoot oorlaat, sal dit deur jou eggenoot se boedel betaal word wanneer hy of sy sterf.

Old Mutual Last Survivor Cover sal ’n belastingvrye enkelbedrag vanaf R100 000 uitbetaal nadat jy en jou maat sterf, om boedelbelasting en ander verwante uitgawes te help betaal. Daar is ook verskillende planne wat in jou behoeftes en drome vir jou gesin se toekoms voorsien. Lewensversekering strek ver en kan daar wees vir jou gesin om ’n finansiële nalatenskap te skep wanneer hulle jou die nodigste het.

Gee die geskenk van die lewe hierdie feesseisoen – en ’n voorspoedige toekoms!

WEN saam met Tuis en Old Mutual Ons wil jou spaargeld en belegging in jou gesin se toekoms ’n hupstoot gee – elke bietjie tel! Neem deel aan die Old Mutual Gifts That Last-kompetisie en staan die kans om ’n effektetrust ter waarde van R10 000 te wen. Voltooi die onderstaande vorm.

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees