Wen Milestone Kitchens-eenhede ter waarde van R50 000!

Vennootskapveldtog Vennootskapveldtog
Een gelukkige leser kan Milestone Kitchens-eenhede ter waarde van R50 000 losslaan!

Droom jy al hoe lank van ’n stylvolle kombuisopknap, maar jou begroting is ’n nagmerrie? Dan is dit jou gelukkige dag!

Ons Kitchen Heroes-kompetisie in samewerking met Milestone Kitchens is terug en jy kan die mooiste Milestone Kitchens-kaste van jou keuse wen – in ’n ontwerp wat presies vir jou behoeftes aangepas is.

Ons kombuise is deesdae nie net vir kos maak en eet nie, maar dis ook waar ons saamkuier, gaste onthaal en selfs skoolwerk doen. Daarom is dit belangrik dat jy kaste kies wat die beste in jóú huis sal pas. Dalk het die kombuis van jou drome ’n massiewe eiland in die middel, of wou jy nog altyd ’n laboratoriumwasbak hê. Of wat van ’n pragtige spenskas in die styl en kleur van jou keuse?

Skryf in en vertel ons hoekom jy jou kombuis wil vernuwe. As ons jou inskrywing kies, sal Silvia en Sabrina Miles, die eienaars van Milestone Kitchens, jou help om jou ruimte met hul treffende kaste te herontwerp.

SKRYF SÓ IN

• Gaan na milestonekitchens.co.za en kies jou gunstelingeenheid (oftewel “kitchen hero”) uit hul produkreeks waarrondom jy jou kombuis sal ontwerp. Maak ’n aantekening van die eenheid se naam en die styl wat jy verkies.

• Neem ’n foto van jou kombuis en vertel ons in hoogstens 150 woorde hoekom jy wil opknap. Sluit die naam en styl van jou gunsteling-eenheid (hetsy ’n eiland, wasbak-, kos- of eetgereikas – wat ook al) in.

• Stuur jou inskrywing per e-pos na kompetisie@tuis.co.za.

SLUITINGSDATUM

6 Mei 2021

Let wel: Die wenner moet sy of haar bestelling teen 31 Januarie 2022 plaas.

’n Nuwe baadjie 

Hou jou kombuis aan die kant – en propvol persoonlikheid.

Noudat die Covid-19-pandemie ons gedagtes oorheers kan ’n higiëniese kombuis wat maklik skoonmaak in ’n groot mate tot ons gemoedsrus bydra. Dink aan skoon, oop vlekvryestaal-oppervlakke wat jy net kan afvee en gladde, wit kaste waaraan geen vuiligheid kan vatplek kry nie en die mooiste agtergrond vir spatsels kleur bied.

Jou kombuis hoef nie koud en “steriel” te lyk net omdat dit higiënies skoon is nie! Druk jou persoonlike stempel af met bykomstighede na aan jou hart, soos mandjies, vintage-borde, geraamde prente en spieëls.

Sabrina Miles, mede-eienaar van Milestone Kitchens wat bekend is vir hul losstaande kombuiseenhede, het hierdie wenke vir ’n skoon dog karaktervolle kombuis:

1 SPATPANELE Het jy al ooit taai sous of ’n vetkol teen ’n geverfde kombuismuur probeer afkry? ’n Spatplaat van teëls of glas teen die muur agter jou stoof sal jou vir ewig van hierdie aaklige takie verlos. Boonop verskaf dit hope persoonlikheid! Dis raadsaam dat jy eers jou kombuis ontwerp en dan ’n spatpaneel kies wat by jou styl en ruimte pas. En moenie bang wees om iets nuuts te probeer nie! Maak seker die teëls of glaspaneel bedek die hele muurspasie tussen die stoof en suigwaaier sodat vuilis nêrens kan inkom nie.

2 OOP RAKKE ’n Paar oop rakke in jou kombuis verleen diepte aan die vertrek en skep visuele spasie. Maar sorg tog dat jou versameling plastiekbakkies agter toe deure weggesteek is. Beperk uitstallings tot die minimum en hou dit stylvol deur kleure bymekaar te plaas.

3 LOSSTAANDE In die meeste huise is daar mure wat nie 100% haaks en reguit is nie, daarom het ingeboude kombuiskaste rug-voerings, vals bodems en dekstroke wat enige gapings toemaak – presies wat rotte en kakkerlakke nooi om daar te kom nesmaak. Milestone Kitchens se los eenhede kan egter van die mure af weggeskuif word sodat jy daaragter en -onder kan skoonmaak. Jy kan kies of jy pote, wiele of ’n diep voetstuk (of ’n kombinasie daarvan) onder die kaste wil hê. Die eenhede het verstelbare pote sodat jou werkvlakke altyd waterpas is, al is jou vloer nie.

4 DIE REGTE MAT Indien jy jou kombuisvloer wil beskerm en ’n element van warmte wil inbring, plaas los matte waar daar enige kanse vir mors of spat is, byvoorbeeld voor jou stoof. Kies een met ’n plat pool wat jy maklik kan skoonmaak of in die wasmasjien kan gooi. ’n Mat is ’n gerieflike oplossing as jy ’n lelike vloer wil bedek, veral as jy in ’n huurhuis bly of jou begroting nie ’n nuwe vloer toelaat nie. Maak seker dat jou mat by jou kombuisdekor inskakel.

Besoek milestonekitchens.co.za vir nog inligting.

KOMPETISIEREËLS

1 Enigiemand in Suid-Afrika mag deelneem, buiten werknemers van Media24, die kompetisieborge, hul filiale, advertensie- en promosieagentskappe en hul gesinslede.

2 Pryse word toegeken aan die eerste korrekte inskrywings wat getrek word en wenners sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word.

3 SMS-kompetisiewenners word lukraak uit al die SMS-inskrywings gekies.

4 Die organiseerders se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

5 Pryse kan nie verander, oorgedra, uitgestel of vir kontant geruil word nie.

6 Die onus rus op kliënte om die pryse te verskaf. Tuis kan nie verantwoordelik gehou word vir probleme met en vertragings in die gestanddoening van die pryse nie.

7 Pryse moet binne 6 maande ná kennisgewing opgeëis word; uitstel sal slegs verleen word indien die borge skriftelik daartoe instem.

LET WEL Weens variasies in die drukproses is verfkleure in die tydskrif nie noodwendig ’n ware weergawe van die betrokke produk nie.

• As gevolg van Covid-19 kan produkvoorrade beperk wees; nader individuele verskaffers vir inligting.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees