Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
#MeToo: ‘Toy Story 2’-toneel geskrap
’n Skermgreep van die omstrede toneel wat in Toy Story 2 geskrap is. Foto: Twitter

Die animasiemaatskappye Walt Disney Pictures en Pixar Animation Studios het stil-stil ’n omstrede toneel in die rolprent Toy Story 2 geskrap, byna 20 jaar nadat die Golden Globe- en Grammy-bekroonde rolprent vir die eerste keer uitgereik is.

Volgens Variety is ’n nuwe 4K-weergawe van die eerste drie Toy Story-rolprente uitgereik om saam te val met die uitreiking van die gewilde reeks se jongste aflewering, Toy Story 4.

Aanhangers het egter dadelik opgelet ’n toneel van 25 sekondes in die 1999-treffer is heeltemal weggelaat.

In die toneel kom die rolprentreeks se held Woody af op die speelgoedkarakter Stinky Pete, wat met twee Barbie-poppe gesels.

“So julle twee is heeltemal identies?” sê-vra Stinky Pete laggend sonder om te besef dat die kamera op hulle gerig is. “Julle weet, ek is seker ek kan vir julle ’n rol in Toy Story 3 kry,” sê hy by terwyl hy die een pop se hand streel.

Die toneel illustreer volgens talle die teistering wat veral Hollywood-aktrises oor dekades heen moes verduur om rolle te kry – teistering wat eindelik tot die #MeToo-beweging aanleiding gegee het.

Wanneer Stinky Pete besef Woody en die gehoor kyk vir hom, sê hy verskrik: “Ek is jammer! Is ons weer op die lug?” Hy rammel dan vinnig af: “Oeh! OK, meisies. Dit was wonderlik om met julle te gesels. As julle ooit enige wenke oor akteurspel nodig het, laat my weet. Weg is julle!”

Die toneel illustreer volgens talle die teistering wat veral Hollywood-aktrises oor dekades heen moes verduur om rolle te kry – teistering wat eindelik tot die #MeToo-beweging aanleiding gegee het. Daarmee saam is die toneel waarskynlik ook geskrap nadat die einste rolprent se regisseur, John Lasseter, volgens CNN van seksuele teistering beskuldig is.

Hoewel die stap in die sosiale media wyd geloof word, het nóg Disney nóg Pixar op die toneel se weglating gereageer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.