Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Gaan Reeva se vriendin liefde op TV vind?

Gina Myers, ’n grimeerkunstenaar en beste vriendin van Reeva Steenkamp, is een van die 24 deelnemers aan die heel eerste The Bachelor SA.

Gina Myers
Gina Myers Foto: Gina Myers/Facebook

Die werklikheidsreeks het op Valentynsdag op M-Net begin.

Dít was op dieselfde dag wat Myers op haar Facebook-blad ’n hartroerende huldeblyk aan Steenkamp op die sesde herdenking van haar dood geplaas het.

Myers en die ander deelnemers ding mee om die hand van Lee Thompson, ’n oudrugbyspeler en entrepreneur.

Lani Lombard, die publisiteitshoof by M-Net, sê die program se eerste vrygesel is ’n groot "vangs".

“As jy verby die sexy six pack en hartstogtelike glimlag kyk, kry jy ’n opregte siel wat oorloop van kinderlike sjarme, ’n man op wie ons deelnemers, asook ons kykers ongetwyfeld verlief sal raak.”

Myers het die dag nadat die eerste episode van die The Bachelor SA uitgesaai is, en waarin sy een van die 21 vroue is wat deur Thompson gekies is, die aankondiging op haar Facebook-blad gemaak: “Die aap is uit die mou. Sluit by my aan op my soektog na liefde en sprokiesverhale. Towerkuns en avonture. Hier gaan ons. Laat die soektog begin.”

’n Dag tevore het sy in haar huldeblyk aan Steenkamp, wat op 14 Februarie 2013 deur die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius vermoor is, gesê dat sy steeds ses jaar ná haar vriendin se dood die leemte voel.

Steenkamp het by Gina en haar ouers gewoon toe sy dood is.

Gina Myers
Gina Myers het dié foto van haar en Reeve Steenkamp op haar Facebookblad geplaas.

Pictures speak 1000 words they say 

Flashbacks and memories of every day. 

I remember your words and it makes me reminisce 

To every laugh and even the tears that I miss

To each surprise and even the Fights that we had.

I would take the good and I would take the bad. 

With it came your love and your open heart. 

With it came my soul sister, right from the start

6 years later and I still feel a hole. 

Just one more smile. A sentence. I stole. 

I still want the memories to shine really bright. 

To live your love, so everyone can feel your light.

I’ll see you in my dreams. I know you that you around. 

To come and talk nonsense. Just to hear your sound. 

Of your laugh and your voice when it feels so real. 

Come here alfi, come to moon and steal

Today is for love. For you and for me.

Today is still hard. Even though you are free. 

It’s about moving to light and living your name. 

Even though it’s not really or won’t ever be the same.

But I’ll always do my best to live true to your soul 

To live and to love and to have that goal. 

Alfi. It’ll be fine. It’ll be amazing you say. 

Today is for you. This Valentine’s Day.

Meer oor:  Reeva Steenkamp  |  Gina Myers  |  The Bachelor  |  Realiteitsreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.