Jy kan die slaaisous maak voor julle vertrek en by die kampplek net by die res van die bestanddele gooi.



Jy benodig
(genoeg vir 4-6)

• 1 blikkie (400 g) soetmielies, gedreineer
• 1 blikkie (400 g) niertjiebone, gedreineer
• 1 blikkie (400 g) cannellinibone, gedreineer
• 1 blikkie (400 g) borlottibone, gedreineer
• 125 g kersietamaties, middeldeur gesny
• 1 komkommer, in repies gesny
• ’n hand vol pietersielie, fyngekap


VIR DIE SLAAISOUS

• 1 eetlepel heelkorrelmosterd
• 1 eetlepel witwynasyn
• 1 teelepel heuning
• ½ koppie olyfolie
• sout en swartpeper


Só maak jy

1. Maak die slaaisous deur die heelkorrelmosterd, witwynasyn en heuning in ’n bakkie (of sommer ’n blikbeker) saam te klits. Gooi die olyfolie stadig by terwyl jy die heeltyd klits. Geur dit met sout en peper.

2. Meng die soetmielies, al die bone, kersietamaties, komkommer en pietersielie saam. Gooi die slaaisous net voor opskeptyd by en meng alles goed deur.


WegSleep sê: Jy kan geblikte groenbone ook gebruik.