Deel

Braaisnoekpatee

akkreditasie
Maak in ’n japtrap ’n heerlike patee van die snoek wat in die braaibak oorgebly het.

Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

  • 250 g oorskietbraaisnoek
  • ½ houer (115 g) suurroom
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • ’n hand vol vars pietersielie, fyngekap
  • ’n hand vol sprietuie, fyngekap
  • 1 eetlepel Dijon-mosterd
  • sout en swartpeper
Só maak jy
  1. Vlok die snoek in klein stukkies en maak seker jy haal al die grate uit.
  2. Meng die snoek met die res van die bestanddele en geur dit met sout en peper.

Weg Ry & Sleep sê: Sit die patee voor met geroosterde Franse brood, eet dit op soutbeskuitjies of bak ’n brood op jou kampvuur.