Deel

Varklies-kerriepot

akkreditasie
Donna Lewis
Maak ’n varkpotjie met ’n Oosterse kerriegeur.

Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

• olie vir braai
• 2 uie, fyngekap 
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 kg varklies, in blokkies gesny
• 2 eetlepels Thaise rooi kerriesmeer
• 1 botterskorsie, in blokkies gesny 
• 1 blik (400 g) gekapte tamatie 
• 1-2 koppies hoenderaftreksel
• 1 hand vol vars koljander, fyngekap
• 1 blik (410 g) klappermelk

Só maak jy

1. Verhit die olie in ’n potjie en braai die ui, fyngedrukte knoffel en gemmer saam tot dit sag is. Braai die varkliesblokkies vir 5 minute in die uiemengsel. 

2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die klappermelk en vars koljander by, en laat die potjie vir 2-3 uur op matige prut tot die vark lekker sag is.

3. Roer die klappermelk deur net voordat jy die potjiekos voorsit en garneer dit met die vars koljanderblare.

Weg Ry & Sleep sê: Hierdie varkpotjie gaan goed af saam met basmatirys.