Koop ’n draairoomys by ’n ou Kombi’tjie in die parkeerterrein. Gaan kyk na Ernie Els se Toskaanse huis tussen die rotse, en mik dan vir die getypoele (ja, hier’s twee!) aan die oorkant van die baai.
Die kleiner een is téénaan die voet van Voëlklipkop waar die baaitjie doodloop, terwyl die ander, groter poel ’n mooi uitsig op dié kop en die baai het. As jy op George bly, kan jy op ’n weeksdag voor of ná werk jou kruipslag in seewater kom oefen.
Waar? Dis sowat 15 km van George af met die R404.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET