Hou jou lyf meermin by St. James se getypoel.
Daar is sekerlik al meer foto’s geneem van dié ikoniese getypoel as van Charlize Theron. Trouens, poskaarte met die rooi, geel en blou Victoriaanse badkamerhuisies is te koop in bykans elke toerismewinkeltjie in die land!
Hier’s ook ’n ablusieblok en verskeie restaurante en kafees (visplakkies welkom!) al langs die pad in Kalkbaai se rigting.
Waar? Net voor die St. James-stasie. Parkeer in Hoofweg en stap deur die duikweg. Jy kan ook parkeer by Muizenbergstrand en die 2 km tot by die getypoel stap of met die trein ry.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET