Hy vertel:

Ek het by die Umfula-landgoed naby Hoedspruit gekyk hoe ’n gespikkelde bosslang ’n grootgrysskuimnespadda verorber – dit was ’n twee uur lange vertoning!

Hier is ’n dek op die landgoed van waar jy ’n uitsig het oor die Olifantsrivier, waar ’n klomp paddas skuil. Ek het op my maag gelê en met ’n 500 mm-lens gewag vir die regte skoot terwyl die son sak.

Dit was verreweg die hoogtepunt van ons toer van Kaapstad tot by die Krugerwildtuin.