
Goeie foto’s gebeur dikwels op die ingewing van die oomblik, maar met ’n bietjie beplanning kan jy heelwat meer goeie foto’s kry. Villiers Steyn wys jou twee goed waarvoor jy altyd moet kyk.
Balans is belangrik
Balans is uiters belangrik in fotografie. Lang horisontale voorwerpe is moeilik om af te neem sonder om plek te mors.
As jy byvoorbeeld ’n rotsrif na aan onder plaas, is daar hope leë blou lug bo dit, en wanneer jy besluit om die rif bo te plaas, gaan jy waarskynlik die vervelige strand in die voorgrond vasvang.
Lief vir lyne
Behalwe goeie balans lyne veral belangrik. Lyne lei jou nie net na ’n sekere belangrike deel van die foto nie, maar skep ook rustigheid.
Dink maar aan ’n afgeleë strand, die Drakensbergpieke of op die duine van Sossusvlei.