book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2021

FOTO’S: Jagluiperdwelpie jaag trop sebras!

akkreditasie

Vriende van ons nooi my en my vrou een of twee keer ’n jaar na die Tuliblok. Ons is gewoonlik ’n groep van tien mense en hierdie keer het ons by die Sethora Game Lodge in die Mashatu-wildreservaat gebly.

Ons het op ’n laatmiddagwildrit gegaan en toe ’n jagluiperdwyfie en haar welpies ’n rukkie lank gevolg. Die ma het in ’n stadium gaan lê om te rus terwyl die kleingoed in die bome geklim en gespeel het. Daar was heelwat ander diere in die ronde, maar niks om te vreet nie – of só het ons gedink.

Een van die welpies het skielik opgespring en ’n sebra wat sowat 300 m verder gewei het, begin jaag. Die trop sebras het in alle rigtings gespat, met die jong jagluiperd kort op ’n paar van hulle se hakke. Ek was nie seker dat die kat sou weet wát om met ’n sebra aan te vang indien hy een sou platgetrek kry nie!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan