Kom ons maak ’n krismisbed langs die kampvuur

akkreditasie
Foto: Michael Denis
Foto: Michael Denis
Michael Denis van Kaapstad het jare gelede dié koddige groep vlakvarke langs ’n kampvuur teëgekom! Hy vertel:

Ek het in November 2014 in Swaziland se Mlilwanewildreservaat gebly. Vroeg een oggend het ek dié klomp vlakvarke afgeneem wat alte heerlik langs die vuur geslaap het.

Die kampvuur is reg langs die hotel se restaurant waar ons groep ontbyt geëet het.

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook