Stappers mik vroegoggend strandlangs na Geelkrans in die Suid-Kaap, wat sowat 4 km oos van Stilbaai lê.
Hier kan jy in die Geelkrans-natuurreservaat ’n sirkelroete stap wat eers deur kusfynbos loop totdat jy by jou bestemming kom – die geel kranse van enorme versteende sandduine.
Jy stap dan met die kranse aan die een kant en die Indiese Oseaan aan jou ander kant terug na Stilbaai.