Danie Pienaar van die Strand het ’n paar jaar gelede vir ’n naweek by Bulshoekdam naby Clanwilliam in die Wes-Kaap gekamp. Die kampery was heerlik, maar toe hulle begin oppak, het sy vrou opgemerk dat ’n outjie hom in een van hulle wielvellings kom tuismaak het.
Danie sê dit het heelwat aanmoediging met ’n láng tak gekos om die pofadder te oortuig om die pad te vat. Hy was omtrent ’n meter lank en, eie aan sy aard, nie oorgretig om te beweeg nie.
Hy het homself sowat vier treë verder gaan tuismaak teen ’n boom.
Danie sê hy het maar die aanvanklike foto vanaf ’n veilige afstand geneem.
Ons verstaan heeltemal, Danie.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET