Teken in op ons YouTube-kanaal om ons nuutste video's eerste te sien. 

AWIE EN RETHA GROBBELAAR, Riebeeckstad: Ons het in Desember 2017 op dié toneel op die H4-1 tussen die Skukuza- en Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin afgekom.

Ons het ongelukkig nie gesien hoe dit gebeur het nie. Toe ons daar aankom, was die luislang reeds besig om die rooibok te verorber. Ons het meer as ’n uur lank gesit en kyk hoe die slang stelselmatig die bok insluk.

Ons het gedink die slang sou onmoontlik kon beweeg nadat hy ’n hele bok ingesluk het, maar hy het wraggies later stadig weggeseil. 

FOTOGALERY: