Moenie met Mamma mors nie!

akkreditasie
Foto: Victor Luus
Foto: Victor Luus

"Ons het die Manapoele- nasionale park in Zimbabwe in 2018 besoek en het 10 dae in een van die satellietkampe langs die Zambesirivier deurgebring. Daar was deurentyd olifante in en om die kamp en ons het hulle goed leer ken.

Dié jong koei het ’n avontuurlustige kalfie van sowat vier maande oud gehad. Sy het haar vir ons vererg wanneer die kalfie te ver van haar af weggedwaal het en sou ons dan fopstormloop. Sodra die kalfie weer naby haar was, het sy ontspan.

My vriend Jaco Jordaan het in die kamp geskilder en was onbewus van die olifant agter hom. Ek het eers later vir hom daarvan vertel – dit sou te gevaarlik wees as hy op daai oomblik beweeg het."

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan