book-icon Uitgawe JANUARIE 2019
Deel

Mooi is óral om ons

akkreditasie
LG G6-foon; 4,03 mm-lens; 1/750ste van ’n sekonde; f1,8; ISO 50
LG G6-foon; 4,03 mm-lens; 1/750ste van ’n sekonde; f1,8; ISO 50

’n Mens dra gewoonlik jou selfoon by jou, maar dis nie altyd vir bel nie, sê Rentia Lombard van Pretoria.

“Ons het vir ons vierde huweliksherdenking ’n vakansie in die KwaZulu-Natalse kus gaan geniet en sommer ook my man, Jaco, se verjaardag gevier. Jaco wou gaan kyk of hy ’n vis kan uittrek en ons is strand toe waar hy ingegooi het. Ek het sy spore in die sand gesien en besef dit sal ’n mooi foto maak.”

Foto’s van voetspore op die strand is niks nuuts nie, maar die uitdaging is eerder om dit só af te neem dat dit ’n mens se aandag opnuut trek. Hier slaag Rentia met lof, want haar eenvoudige en slimgeplaaste detail sorg vir ’n wenfoto.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan