book-icon Uitgawe September 2019

Sien jou!

akkreditasie
Nikon D5300
Nikon D5300

Al is sy op pad na die boeredans, bly die kamera van Mari Marais van Leniesdeel in Noordwes nie tuis nie.

“Ek het dié foto geneem op pad na ’n boeredans tussen Leniesdeel en Piet Plessis. Ons het voor ons vriende op die grondpad gery en afgetrek om na die sonsondergang te kyk. Die bries het die stof na die een kant toe gewaai en dit was net die regte oomblik vir ’n mooi foto met ons vriende wat voor die stof aangery kom.”

Dis voorwaar ’n besonderse oomblik wat Mari vasgevang het, en ’n mens sien dadelik die kar. En al is dit die kar wat ry, is dit eerder die stofwolke wat die foto ’n gevoel van beweging gee. ’n Mens sien sommer voor jou geestesoog hoe die stof soos ’n misbank laag en stadig eenkant toe trek terwyl die kar na jou toe aangestorm kom.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan