book-icon Uitgawe Desember 2020-Januarie 2021

Agterpad toe met ’n Outback

akkreditasie
2012 Subaru Outback 3.6R Premium
2012 Subaru Outback 3.6R Premium

Ek en my vrou, Shirley, het in 2012 – toevallig die jaar toe my Subaru Outback die eerste keer geregistreer is – begin soek na ’n voertuig waarmee ons grondpaaie kon verken. Ek ry meestal motorfiets, en daarom sou Shirley die motor meer gebruik as ek. Omdat sy kort van statuur is, het ons nooit werklik iets soos ’n tweedehandse Prado, Fortuner of dubbelkajuitbakkie oorweeg nie.

In daardie stadium het ek selfs ’n Renault Duster oorweeg, maar ek het ook goeie dinge van Subaru gehoor. My vriende se raad was egter dat ek die Outback bo die Forester kies. My werktuigkundige het spesifiek die Outback 3.0 aanbeveel omdat daardie model se H6-enjin glo die betroubaarste van al Subaru se enjins is en boonop ’n ketting vir die tydreëling gebruik eerder as ’n band, wat vinniger verweer.

Dit het my jare geneem om die regte Outback op te spoor, want hulle is betreklik skaars. Elke keer as ek dink ek het hom gekry, dan het ek óf die bod verloor óf ek was net-net te laat met my oproep.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan