Stanley-motors
Stanley-motors, met sy monteeraanleg in Johannesburg, het in 1960 Willys-Overland Jeeps, Hudsons en Peugeots aanmekaargesit. Toe Willys-Overland deur Kaiser Manufacturing Co gekoop word, moes Stanley-motors sy Jeep afstaan aan Preator-monteerders, die voorganger van BMW Suid-Afrika.
Stanley-motors het hom daarop geroem dat hy die eerste aanleg is wat petroleumgasoonde gebruik om die emaljeverf op voertuigbakke droog te bak, maar ook dat hy ’n spesiale opleidingsentrum vir “nie-blankes” het.