Ek was ’n jong motorjoernalis toe my destydse baas sy Audi RS4 vir ’n Lexus RX verruil het. Die besluit om ’n vuurwarm V8-sedan vir ’n bonkige, hibriede sportnutsvoertuig te ruil het vir my as ’n petrolkop geen sin gemaak nie.
Dalk het sy gholfsak beter in die RX gepas, of moontlik het die “groen”-faktor by die Royal Cape-gholfklub ’n rol gespeel. Die waarskynlike rede was seker dat die Lexus ’n gemaklike en luukse rit gebied het terwyl die V8-sedan nogal duur was om te onderhou.
Sedert die 1980’s het die Japannese vervaardiger sy reputasie gebou op betroubare motors wat hulle kopers gelukkig hou.