book-icon Uitgawe Oktober 2018
Deel

Die Vollas mik bo-dorp toe

akkreditasie

Volkswagen se sukses in Suid-Afrika is gebou op die onderstel van derduisende luikrugmotors soos die Polo en Golf, en in die laaste jaar ook kleiner sportnutsvoertuie soos die Tiguan en bakkies soos die Amarok. Dis nie die goedkoopste motors nie, maar beslis nie motors wat in die luukse segment meeding met die ander Duitse swaargewigte Mercedes-Benz, BMW en Audi nie.

Maar dinge het vanjaar verander. As daar nou een motor is wat gestalte gee aan die feit dat Volkswagen sy visier ook instel op die ou en vrou wat hulle jeans by Guess en nie Mr Price koop nie, is dit die VW Arteon.

Ek het lanklaas ’n motor gery wat so baie koppe laat draai. Die Arteon is doodeenvoudig pragtig: ’n lang, breë en elegante motor wat meer na ’n koepee as ’n vierdeursedan lyk. Die indruk dat jy ’n mikrokosmos van weelde betree, word vermenigvuldig wanneer jy die deur met ’n soliede “doenk” agter jou toetrek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan