book-icon Uitgawe Desember-Januarie 2020
Deel

Ford Tourneo: Die onblusbare bus

akkreditasie

Soldate, brandbestryders, vlieëniers en chirurge ervaar glo die meeste spanning in hulle beroepe. Jou lewe én die van ander is in gedrang. Ek wil nog ’n beroep byvoeg: Busbestuurder!

As kind het ek partykeer in Kaapstad op een van City Tramways se dubbeldekkerbusse gery. Die lomp en pynlik stadige Leyland het deur die stad se smal strate gewieg met ’n swetende en swetsende bestuurder wat die groot stuurwiel met groot moeite getol het – amper soos die stuurman van ’n seilskip op die stormsee.

Ek het toe vroeg op my lewensreis twee besluite geneem: Daar moet ’n makliker manier wees om geld te verdien; en ek wil nooit ’n bus bestuur nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan