Infanta het sy onderneming as ’n boswabouer begin, en vandag bou dié maatskappy boswoonwaens wat onder die bestes in die land gereken word. Hy noem sy boswoonwareeks die Enkulu, met die Enkulu 2 die middelslag-model.
Oor die laaste jaar of drie sedert sy eerste bekendstelling het dié wa veranderinge ondergaan, maar Infanta se ikoniese uitglybed bly standaard. Dieselfde geld vir die ruim buitekombuis.
Die eienaars het die wa egter ook met ’n binnekombuis toegerus, en dís ietswat ’n mens op net enkele waens sien.