book-icon Uitgawe November 2019
Deel

Invader Duo: Kyk hoe groot word kleintjie!

akkreditasie

Boswaens is makliker om te sleep as boswoonwaens omdat hulle kleiner en ligter is. Daarteenoor is ’n boswoonwa gemakliker om mee te kamp as ’n boswa omdat jy ín hom slaap, op ’n ordentlike bed, eerder as bo-op in ’n daktent waar jy jou lê op ’n dunnerige sponsmatrassie moet kry.

Die Invader Duo laat dié grense egter effens vervaag omdat hy ’n tipe daktent buite die romp het (met ’n ordentlike matras) én ’n leefgedeelte binne die romp. Jy kry dus die beste van twee wêrelde, en hoewel hy ewe veel boswa en boswoonwa is, is hy ook danksy ’n rits luukshede pure kamppaleis.

Aan die Duo se agterkant is ’n volgrootte noodwiel met weerkante daarvan twee 20 l-brandstofkanne. Die gom van ’n ZA-plakker en Mosambiek-driehoek heg nie op die veselglas-bakwerk nie, en jy sal hulle op die brandstofkanne moet plak.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan