Nes ’n huis waar aangebou is, is dit soms ooglopend dat ’n ou voertuig vernuwe is. Nuwe buffers is skerp en hoekig, nes die jongste gier vereis, maar die ou bakpanele sit gewoonlik steeds met die sagte kurwes van die vorige dekade.
Mitsubishi kon egter daarin slaag om sy jongste vernuwing by die oorspronklike bakwerk te laat pas.
Die ASX se neus lyk heeltemal anders. Die enjinkap is hoekig, die modderskermpaneel het nou ’n fop-luguitlaat, die hoofligte is op skrefies getrek en die sierrooster herinner sterk aan die Mitsubishi Triton en Pajero Sport.