book-icon Uitgawe April/Mei 2021

’n Ford met ’n vars voorkoms

akkreditasie

Die Ranger FX4 is gegrond op die 2 l-enkelturbo-XLT-dubbelkajuit en is beskikbaar in 4x2- en 4x4-weergawes.

Ford sê sy spesiale weergawes van die Ranger XLT bied ongeëwenaarde brandstofverbruik, het ’n blinknuwe voorkoms én beskik oor ’n reeks elektroniese funksies, waaronder FordPass Connect wat sy eerste verskyning maak in die FX4 en voortaan standaard sal wees op alle nuwe Ranger XL-, XLS-, XLT-, Wildtrak- en Raptor-modelle.

“Ná die merkwaardige suksesverhaal van die Ford Ranger Thunder is dit duidelik daar’s ’n groot aanvraag onder Suid-Afrikaners vir premium-bakkies in dié groeiende leefstylmark – veral bakkies met ’n unieke voorkoms,” sê Neale Hill, besturende direkteur van Ford Suid-Afrika. “Die FX4 verbreed die Ranger- reeks wat by ons Silverton-aanleg in Pretoria gebou word.” Kortom: Ford het by Simba gesien hoe meer geure jy van dieselfde produk bekend stel, hoe meer tjippies gaan jy verkoop.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan