book-icon Uitgawe Maart 2020
Deel

’n Heildronk op Hyundai

akkreditasie

Hyundai se bemarkingspan sê die naam van sy jongste sportnutsbuks moet jou aan ’n spesiale plek herinner. Venue klink inderdaad soos ’n saal wat jy vir ’n troue huur. Daar is deftige venues soos die kelder op ’n spogwynlandgoed buite Franschhoek, maar ’n venue is soms die saaltjie agter Joubertina se buiteklub. Ja, daar is inderdaad goor bymekaarkomplekke wat ál Linda, die bloemis, se ruikers, linte en chiffon verg om mooi te maak.

Gelukkig het die Hyundai Venue nie nodig om deur Linda opgedollie te word nie – hy’s beslis reeds ’n lekker plek om te wees. Die afwerking is deftig in swart nes ’n bruidegom se pak, maar daar is tog speelse elemente soos chroomstrokies en ’n kleurryke 8”-raakskerm – nes Reinier, die strooijonker, se Spongebob Squarepants-sokkies.

Van buite bekyk, is die Hyundai Venue beslis aantreklik met ’n ontwerpstyl wat strook met Hyundai se ander produkte. As jy egter vinnig kyk, kan jy hom dalk misgis vir ’n Volvo XC40 en daar is selfs trekke van ’n Audi Q5. Dis soos daai neef by die kroeg wat aan Patrick Swayze herinner... dis seker die haarstyl.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan