Mahindra hou sy visier op die landbousektor, maar wil ook deelneem aan die leefstylmark – daarom het hy drie spesiale weergawes van sy gewilde Pik Up Karoo-bakkies geskep.
“Die Karoo-kenteken dui op ons verbintenis tot Suid-Afrika en die manier waarop Suid-Afrikaners die Pik Up-leefstylreeks aangeneem het in hulle verkenningstogte, 4x4-avonture en gesinspret. Dit is ewe waar van ons nuwe Karoo Dawn-, Dusk- en Storm-model,” sê Rajesh Gupta, uitvoerende hoof van Mahindra Suid-Afrika.
Die plaaslike been van die maatskappy het onlangs die tienduisendste Pik Up in sy Durban-aanleg gebou, en die handelsmerk gaan net van krag tot krag.