Die laaste Nissan wat ek bestuur het wat enigsins koppe laat draai het, was die GT-R-sportmotor, ’n verrigtingsmonster so reg uit ’n Fast & Furious-fliek. Dit was tien jaar gelede.
Onlangs klim ek in die Navara Pro-4X en vat die pad deur die Karoo en wraggies, die koppe draai weer vir die eerste keer in ’n lang tyd vir ’n Nissan.
Hierdie outjie is veel meer as net ’n ontrimpelde Navara wat halfpad deur sy lewensiklus ’n bietjie lipstiffie en maskara gekry het.