Thinus de Vries, Conqueror se besturende direkteur, sê hy is opgewonde oor die voortuitsig om hulle produkte nóg beter te maak.
SASMA is die amptelike lede-organisasie vir die veterane van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte. Die organisasie se doelstelling is om veterane te ondersteun, en met dít in gedagte is Recce Inc. op die been gebring – om die Recce-handelsnaam vir kommersiële doeleindes aan te wend.
Callie Roos, uitvoerende hoof van Recce Inc., sê hulle het Conqueror as vennoot gekies vanweë die vervaardiger se trotse tradisie van gehalte én omdat hulle dieselfde eienskappe het.