book-icon Uitgawe Augustus-September 2022
Deel

Ry-indruk: Brezza nóg ouliker

akkreditasie

In April 2021 het ons geskryf oor die eerste Suzuki Vitara Brezza wat plaaslik bekend gestel is. Destyds was die Brezza in twee afwerkingsvlakke beskikbaar: die GL-basismodel en die luukser GLX, albei met ’n keuse tussen ’n hand- en outomatiese ratkas.

Intussen het Suzuki ’n derde model bygevoeg, die S-Edition, met dieselfde ratkaskeuses. Al drie modelle word deur Suzuki se K15B-enjin aangedryf wat onder meer ook in die Jimny gebruik word.

Dié lewer 77 kW krag en 138 Nm wringkrag – dit klink dalk min vergeleke met die moderne 1 l-turboaangejaagde enjins, maar met die betreklik lae voertuigmassa van 1 140 kg is die Vitara Brezza heel rats.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan