Die Opel Crossland het pas ’n ontrimpeling ondergaan en spog nou met ’n nuwe vooraansig wat die Opel Visor genoem word. Die Opel Visor is ’n ondeursigtige plastiekskerm wat die ouer Crossland se sierrooster vervang. Agter hierdie skerm word plek gemaak vir sensors en kameras en in sekere Opel-modelle selfs die hoofligte.
Die Opel Crossland se prys wissel van R324 900 vir die 1.2 Crossland Edition (60 kW) met ’n 5 spoed-handratkas tot R399 900 vir die 1.2 Crossland Elegance (81 kW) met sy 6 spoed- outomatiese ratkas.
Die Audi SQ7 kry dié handelsnaam se kragtigste dieselenjin nóg: ’n 4 l-V8 TDI wat ’n allemintige 310 kW krag en 900 Nm wringkrag lewer. Audi sê sy nuwe SQ7 versnel van 0-100 km/h binne slegs 4,8 s en sy topspoed word elektronies beperk tot 250 km/h.