book-icon Uitgawe Januarie 2019
Deel

Sherpa Tiny Lite Hi-Rider: Gerat vir die grondpad

akkreditasie

Sherpa Leisure is bekend vir die klein veselglaswoonwaens wat hy vir paartjies bou.

Buiten die Rambler, Sherpa se grootste waentjie, het sy ander modelle óf twee enkelbeddens óf ’n dubbelbed, wat beteken dis eintlik maar ’n woonwaentjie wat hoofsaaklik uit ’n bed bestaan. Die materiale waaruit die Sherpa-waens gebou word, is net so ’n sterk pluspunt. Die romp bestaan uit veselglas, en almal weet dit is omtrent onderhoudsvry, lig en ongelooflik sterk.

En as jy herstelwerk moet doen aan ’n ouer model, gaan jy nie sukkel om enige van die panele te herstel nie. Neville de Meillon, die man agter die sukses van Sherpa, het nou die heel nuutste model, die Sherpa Tiny Lite Hi-Rider, bekend gestel. Dié waentjie is omtrent ’n kloon van die Tiny Lite, maar hy het groter wiele – 15” pleks van 13”.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan