book-icon Uitgawe Oktober 2019
Deel

Staan op aandag

akkreditasie

Conqueror is lankal bekend vir sy rateltaai boswaens, en die Commander Platinum was tot onlangs sy vlagskipmodel. Die Recce is egter ’n hoërgraad-weergawe van die Platinum wat onder meer met onafhanklike lugvering spog. Maar die beweegrede vir die Recce is nie bloot om spoggerig te wees nie.

Opbrengste uit die verkope van die Recce word geskenk aan die Spesialemagtevereniging (SASFA) wat na die welstand van 1-verkenningsregiment se veterane omsien.

Om die Recce deeglik te toets het ons hom oor die grens na Mosambiek gesleep en die moeilikste sand-, klip- en grondpaaie getakel wat ons daar kon vind. Die Recce se lugvering is indrukwekkend, en selfs al het ons sleepvoertuig oor ’n klipperige bergpas rondgeskud, het die Recce ongeërg agterna gesweef. Op hierdie bergpas het die AL-KO-inlooprem ook gehelp dat die Recce nie ons sleepvoertuig op afdraandes stoot nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan