book-icon Uitgawe Junie/Julie 2021

T-Roc: VW se vierde musketier

akkreditasie

Volkswagen is ’n konserwatiewe motormaatskappy wat die kat eers nege keer uit die boom kyk voordat hy hom optel om te streel. Dis ’n maatskappy getrou aan evolusie, nie revolusie nie.

Waar ander maatskappye met oorgawe die neiging na sportnutsvoertuie omhels het deur elke moontlike nis met ’n sportnuts te probeer toestop, het Volkswagen dinge die afgelope 20 jaar versigtig en stapsgewys aangepak.

Die groot, luukse Touareg was in 2002 dié motorreus se eerste ordentlike sportnutsvoertuig, waarna die middelslag-, gesinsvriendelike Tiguan in 2007 sy verskyning gemaak het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan