book-icon Uitgawe Maart 2019
Deel

Uiteindelik...’n X5 vir grondpad!

akkreditasie

Met die bekendstelling van elke X-model foeter BMW alewig grondpad langs iewers heen met ’n groep motorskrywers in konvooi. Dít om te bewys dat ’n BMW ook “off-road” kan ry. En elke keer sing die resensies dieselfde deuntjie: “Ja, hy kán so ’n bietjie grondpad ry, maar hy hoort eerder op teer.”

Met die jongste X5 se bekendstelling het BMW ons met die Montagupas óp en met die Prins Alfredpas áf gestuur – albei grondbergpasse in die Tuinroete – sodat ons die nuwe X5 se grondpadvermoë kan toets.

En dit is verblydend om te kan rapporteer dat ons uiteindelik van ’n BMW-bekendstelling kan terugkeer met die nuus dat dié X5 ewe lekker op ’n grondpad as op ’n teerpad ry. Selfs lekkerder.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan