In 1985 besluit ek my 1983 Toyota Land Cruiser 60 Series-stasiewa se 4,2 l-sessilinderenjin is nie opgewasse vir die taak om my 1984 Gazelle van 1 850 kg te sleep nie.
Die 2F-enjin het ’n vergasser gebruik, en toe hy nuut was, kon hy slegs 100 kW en 270 Nm wringkrag opwek. Daar was net nie genoeg wringkrag nie en die vierspoed-handratkas het veel te wense oorgelaat.
In alledaagse gebruik was dit nie noodwendig ’n probleem nie, maar wanneer jy haastig afrat na 2de, skiet die toere op tot in die rooi. Soms moes ek wag tot ek feitlik stilstaan in 3de voor ek 2de kon inhaak.