My man, Louis, is in die glasbedryf en hy het ’n voertuig nodig gehad waarmee hy groot glaspanele kan vervoer. Hy wou nie ’n dubbelkajuitbakkie hê nie, en sy enigste ander vereiste was dat daar ook plek vir sy fiets moet wees, want hy hou daarvan om die speke te laat sing.
Ons het verskeie paneelwaens oorweeg, soos die Mercedes-Benz Sprinter en Volkswagen Transporter, maar het besluit om dié tweedehandse 2017 Hyundai H1 2.5 CRDi (outomaties) vir R370 000 te koop. Ons was veral beïndruk met die goeie diensplan en waarborg wat ons gekry het.
Daar is meer as genoeg plek vir die fietse en ons kan boonop die Vespa-bromponie laai wanneer ons weggaan.