Die Amerikaanse voertuigvervaardiger GMC gebruik ’n 15-kamera-netwerk wat slepers toelaat om reg rondom sy waens te kan sien. Die tegnologie is tans nét in die GMC Sierra (nie die mooiste bakkie ter wêreld nie) beskikbaar en die Yanks is tot dusver hoogs tevrede met die stelsel.
Dit werk as volg: Wanneer jy trurat inhaak, skakel jy twee kameras aan: een op die agterklap van die bakkie en ’n tweede kamera agterop jou woonwa. Die toneel wat jou bakkie se trukamera sien, word op die inligtingskerm in die kajuit van jou bakkie vertoon, maar die toneel wat die woonwa se trukamera sien, word met slim programmatuur geplaas óór die toneel wat die bakkie sien, maar slegs daar waar jy die woonwa moes gewaar.