Reis 1: Bedrywige Kimberley en omgewing (6 dae/5 nagte) 

Dag 1 en 2: Arriveer in Kimberley en teken in by jou voorkeur-blyplek. Eet aandete in die Kimberley Anne Hotel. Verken die Diamantstad en besoek die Groot Gat. 

Dag 3: Gaan op ’n begeleide toer deur Galeshewe, die oudste township in Suid-Afrika, en besoek Platfontein, die tuiste van die !Xun- en Khwe-gemeenskap, sowel as die Wildebeestkuil-kunssentrum. 

Dag 4 en 5: Volg die Slagveldroete en besoek die Magersfonteinmuseum en die dorpie Modderrivier (39km suid van Kimberley). Maak keel nat by die Kimberley Diamond Brewing Company op die oewer van die Modderrivier.  

Dag 6: Keer terug na die Kimberley-lughawe 

Reis 2: Die geheime van die Kalahari (3 nagte, 4 dae) 

Dag 1: Vlieg vanaf Johannesburg of Kaapstad na Upington. Geniet die Kalahari-rooiduinroete. Eet middagete in die geskiedkundige Diamond T Coffee and Gift Shop. Sluit jou dag af met ’n aandete op die duine, sterrekyk en kuier om die kampvuur.  

Dag 2 & 3: ’n Stappie vroegoggend op die duine sal jou aan die ongelooflike biodiversiteit van die omgewing bekendstel. Besoek die Kgalagadi-oorgrenspark en gaan bly in die !Xaus Lodge. Dié park, wat meer as 38 000km² beslaan, is bekend vir sy katspesies.  

Dag 4: Wanneer jy na Upington terugkeer, hou stil by die Oranjerivier-wynkelders vir ’n wynproe (maak net seker jy het ’n bestuurder om jou na die lughawe terug te neem).  

Reis 3: Natuur, kultuur . . . en ’n pamperlangsessie (5 nagte /6 dae) 

Dag 1 en 2: Ry vanaf Upington-lughawe na Tutwa Lodge op die grens van die Augrabies-waterval- Nasionale Park.  

Dag 3: Besoek die park en die waterval. Ná middagete, vertrek na die bekende Riemvasmaak, waar jy in ’n warmwaterbron in die natuur kan swem. Oornag in Kakamas, waar jy plaaslike lekkernye soos “Kalahari-soesji” kan eet. 

Dag 4: Besoek die wyn- en brandewynkelders en snuffel in die plaasike padstalle. Slaap oor op Kanoneiland, die grootste bewoonde riviereiland ter wêreld.  

Dag 5: Geniet ’n lekker dag by die spa.  

Dag 6: Keer terug na die Upington-lughawe.  

Reis 4: Kyk sterre in Sutherland

Dag 1: Ry vanaf Kaapstad na Sutherland en meld aan by jou voorkeurverblyf. Besoek SALT in die namiddag vir ’n begeleide toer van die observatorium. Na aandete, besoek Sterland vir ’n onvergeetlike sterrekyk-ervaring.  

Dag 2 en 3: Begin jou dag met ’n stappie of fietsrit vroegoggend sodat jy die skouspelagtige sonsopkoms oor die Karoo-landskap kan beleef. Ná ontbyt, ontdek die geskiedenis van die dorp en besoek die jongste toevoeging, die Sutherland- planetarium. Maak ’n draai by die slagter (vir Karoo-tjops) voordat jy koers kies na Blesfontein-gasteplaas (jy het ’n 4x4 of ’n 4x2 met goeie grondvryhoogte nodig). Op Blesfontein bly jy in selfsorgverblyf en kan jy perdry (begeleid), stap, bergfietsry, swem en voëlkyk. Beleef die pragtige sonsondergang. Braai jou tjops! 

Dag 4: Keer terug na Sterland in Sutherland vir ’n begeleide fossiel- en botaniese staptoer. Keer terug na Kaapstad op die N1. 

Reis 5: Die astronomiese, historiese en natuurlike wonders van Sutherland 

Dag 1: Reis na die buitewyke van Sutherland en meld aan by jou verblyf by Rogge Cloof. Hierdie plaas, wat in 1756 gevestig is, is ’n donkerlugreservaat (“dark sky reserve”) en biosfeerreservaat. Gaan op ’n begeleide wild- en fossiel-uitstappie in die namiddag. Eet aandete in die gerestoureerde plaashuis. 

Dag 2: Loop na die Salpeterkop-vulkaan. Verken die natuurlike grotte en ontdek die spore van die Khoisan, sowel as die leeu, eland en bruinhiëna wat hier uitgesterf het. Ná ’n laat ontbyt, keer terug na Sutherland vir ’n begeleide toer deur die dorp, besoek die enigste planetarium in Suid-Afrika in privaat besit, en gaan op ’n begeleide toer van SALT. Keer terug na Rogge Cloof vir ’n wynproe in die namiddag, aandete en ’n onvergeetlike aand van sterrekyk.  

Dag 3: Keer ná ontbyt terug huis toe.  

Reis 6: Ry kuier-kuier van die Kaap tot in Namibië  

Dag 1: Vertrek vroegoggend uit Kaapstad en eet middagete op Garies onderweg na die Namakwa- Nasionale Park.  

Dag 2: Ry tot op Kamieskroon (22km buite die park) vir ’n Nama-veldwagter-ervaring. Oornag op Kamieskroon. 

Dag 3: Ry vroegoggend deur die park en kies koers na Springbok. Besoek die Goegap-natuurreservaat (18 km buite Okiep). Oornag op Okiep. 

Dag 4: Ná ontbyt, ry in die rigting van die Richtersveld- Wêrelderfenisterrein. 

Dag 5: Steek die grens oor by die Vioolsdrift-grenspos en sit jou reis voort in Namibië, of draai terug Kaapstad toe. 


*Die Noord-Kaapse Toerismeowerheid wil jou help om jou reis te beplan! Klik hier om nog reisplanne af te laai of kontak marketing@experiencenortherncape.com.