Hier’s ons keur van gewilde (gratis!) rubrieke uit die argief. Geniet dit!
Klik op die skakels vir die volledige rubrieke.
Nag van die langnek
- deur Liesl de Beer
’n Namibiese plaasvakansie is onvoorspelbaar, veral as daar ’n nukkerige kameelperdbul rondloop en jou Willys-jeep skielik nie wil vat nie.
Laat die potjie by my verbygaan
- deur Schalk Jonker
Hy sukkel om te verstaan hoekom mense so gaande is oor potjiekos, vertel Schalk Jonker.
Kalwerliefde in die kampterrein
- deur Sophia van Taak
Jou tienerjare is ’n mynveld waar jy die een voetfout ná die ander maak. Wanneer dit by flirtasies met die teenoorgestelde geslag kom, benader ’n mens die ding blindelings en jy steier so voel-voel daardeur.
Hartseer op Hopetown
- deur Dirk Kok
Waar jong manne saam is, is daar dikwels moeilikheid. Wanneer jong manne kamp en jag, is daar soms gróót moeilikheid, sê Dirk Kok.
10 wenke om goeie biltong te kies
- deur Buks Barnard
Daar is één ding wat die moedeloses bemoedig, die troosteloses troos, die reddeloses red. Hierdie gawe van die gode, hierdie weg tot wêreldvrede... biltong.
Daar sit ou Skroef toe
- deur Dana Snyman
Een van die lekkerste dinge van reis is dat jy amper altyd ’n ou bekende op ’n onverwagte plek raakloop. Dana Snyman se paaie het met sy houtwerkonderwyser van destyds gekruis...
Boney M en die langpad
- deur Sophia van Taak
Bobby Farrell – met sy afro, stywe broek en welige borshare – was in my kinderdae ’n belangrike deel van ons gesin se langpadvakansies. Want sien, Boney M het saam met ABBA die klankbaan verskaf vir die pad see of Ladismith toe.
Ken jy die tipe?
- deur Zigi Ekron
Daar is meer as een soort tipiese kampeerder en as jy mooi kyk sal jy hulle om jou raaksien; dalk selfs op jou eie staanplek, sê Zigi Ekron.
Neef Jas en die blinde sambok
- deur Annie Klopper
Uit die Sandveld verneem ek my ma se neef Jas het ’n vreeslike ding oorgekom. Die nuus van sy moeilikheid bereik my so krom en skeef soos familienuus maar kan, en ek vra dadelik of daar ernstige siekte of dood op die plaas is...
Die goeie lesse van skoolkampe
- deur Toast Coetzer
Ons het almal herinneringe aan skoolkampe en gewoonlik is dit die snaakse goed wat gebeur het, wat uitstaan, skryf Toast Coetzer.