Deel

Bepalings en Voorwaardes

akkreditasie
Neem asseblief kennis dat hierdie gebruiksbepalings en -voorwaardes nie gedeeltelik of in hul geheel gekopieer of gebruik mag word sonder die uitdruklike skriftelike toestemming nie van BUYS INGELYF PROKUREURS, spesialiste in internet- en e-handelsreg: (021) 461 7387.

Neem asseblief kennis dat hierdie gebruiksbepalings en -voorwaardes nie gedeeltelik of in hul geheel gekopieer of gebruik mag word sonder die uitdruklike skriftelike toestemming nie van BUYS INGELYF PROKUREURS, spesialiste in internet- en e-handelsreg: (021) 461 7387. Webtuiste: www.buys.co.za Media24-webtuiste Gebruiksbepalings en -Voorwaardes (Van toepassing op Weg, WegRY, WegSleep, Weg Platteland, go!, Drive Out, go! Platteland) GEBRUIK

  • Diegene wat die Weg-webtuiste om watter rede ook al gebruik, onderwerp hulself aan en onderneem om wanneer hulle die webtuiste besoek, te voldoen aan die bepalings, voorwaardes en privaatheidsbeleid van Media24.
  • Die doel van hierdie webtuiste is slegs om die gebruiker te voorsien van inligting in verband met Weg, sy produkte aangebied en dienste gelewer.
  • Sonder om afbreuk aan bogenoemde te doen, magtig Weg hiermee die gebruiker om die inhoud van hierdie webtuiste, of enige gedeelte daarvan, te besigtig, te kopieer, af te laai op ’n plaaslike aandrywer, te druk en te versprei, met dien verstande dat:
  • sodanige inhoud slegs vir inligtings- en/of nie-kommersiële doeleindes gebruik word; en
  • enige reproduksie van die inhoud van hierdie webtuiste, of gedeelte daarvan, die volgende kopieregkennisgewing moet insluit:© MEDIA24 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
  • Gebruikers wat die inhoud van hierdie webtuiste vir kommersiële doeleindes wil gebruik, mag dit slegs doen indien skriftelike kennisgewing vooraf verleen word.
INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE
  • Alle inhoud, handelsmerke en gegewens op hierdie webtuiste, insluitende maar nie beperk tot sagteware, databasisse, teks, grafieke, ikone, hiperskakels, private inligting en ontwerpe nie, is die eiendom van of het as lisensieverlener Media24 en geniet as sodanig beskerming teen skending deur plaaslike of internasionale wetgewing en verdragte. Onderworpe aan die regte hierin aan die gebruiker verleen, word alle ander regte op alle intellektuele eiendom op hierdie webtuiste uitdruklik voorbehou.
ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE
  • Deur hierdie webtuiste te gebruik of elektronies met Media24 te kommunikeer, kom die gebruiker ooreen en erken dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, openbaarmakinge of enige ander kommunikasie aan alle regsvereistes voldoen, insluitende, maar nie beperk nie, tot die vereiste dat sodanige kommunikasie “skriftelik” moet wees.
VERANDERINGE EN WYSIGINGS
  • Media24 behou uitdruklik die reg voor volgens sy alleenlike en absolute goeddunke om enige maatstawwe of inligting wat hierdie webtuiste bevat sonder voorafkennisgewing te verander en/of te wysig.
  • Media24 behou die reg voor om die pryse en tariewe op hierdie webtuiste gekwoteer sonder enige kennisgewing te verander en te wysig.
  • Die gebruiker onderneem om Media24 dikwels te kontroleer en om hom-/haarself te vergewis van veranderinge en/of wysigings aan die inligting wat op hierdie webtuiste verskaf word.
BELEID T.O.V. PRIVAATHEID
  • Media24 beskerm die gebruiker se privaatheid:
  • Geen persoonlike inligting sal openbaargemaak word aan derde partye sonder die gebruiker se toestemming of deur middel van die behoorlike prosedure nie.
  • Die volgende private en persoonlike inligting sal deur Media24 verkry en behou word:
  • Inligting wat vrywillig deur die gebruiker verskaf word – hierdie inligting word gebruik om ’n beter diens aan gebruikers te verskaf;
  • Inligting wat outomaties verskaf word (d.w.s. “koekies”) – hierdie inligting word verkry om u webbesoek en interaksie met Media24 te verbeter. “Koekies” kan nie u rekenaar beskadig of virusse dra nie; en
  • Deur hierdie webtuiste te gebruik, stem die Gebruiker tot die volgende in:
  • Media24 mag u persoonlike inligting gebruik om van tyd tot tyd met die gebruiker te kommunikeer. Gebruikers kan aandui dat hulle nie sodanige kommunikasie wil ontvang nie; en
  • Media24 mag gebruikersinligting gebruik vir nie-persoonlike statistiese doeleindes.
  • Media24 behou die kopiereg ten opsigte van databasisse van persoonlike inligting omtrent gebruikers.
SKAKELS EN RAME
  • Enige derde party kan inskakel op hierdie webtuiste, met dien verstande dat sodanige skakel op die tuisblad van hierdie webtuiste gerig is. Enige persoon, onderneming, entiteit of webtuiste word uitdruklik verbied om te skakel met enige bladsy behalwe die tuisblad van hierdie webtuiste sonder om vooraf skriftelike goedkeuring van Media24 te verkry.
  • Enige persoon, onderneming, entiteit of webtuiste word uitdruklik verbied om enige bladsy op hierdie webtuiste, die tuisblad ingesluit, op hoegenaamd enige manier te raam sonder om vooraf skriftelike goedkeuring van Media24 te verkry.
OOREENKOMSTE INGEVOLGE ARTIKEL 21 VAN DIE WET OP ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE EN TRANSAKSIES
  • Geen inligting of gegewens op hierdie webtuiste is ’n aanbod nie, maar bloot ’n uitnodiging om besigheid te doen.
  • Geen ooreenkomste sal aangegaan word bloot deur ’n boodskap met gegewens na hierdie webtuiste of sy eienaars te stuur nie. ’n Erkenning en ’n aanbod word vir geldige ooreenkomste vereis, of ’n ontvangsbewys vanaf hierdie webtuiste.
SOEKTOG-TEGNOLOGIE
  • Die gebruik van nie-kwaadwillige soektog-tegnologie soos “web-crawlers” of “web-spiders” om inligting op hierdie webtuiste te soek en te verkry, word nie toegelaat indien sodanige tegnologie sal lei tot ’n vertraging in die webtuistebediener of tot ’n inbreuk op kopiereg wat betref enige gegewens en inligting wat op hierdie webtuiste beskikbaar is nie. Gegewens en inligting mag slegs gebruik word in ooreenstemming met gedeelte 1 van hierdie bepalings en voorwaardes.
SKAKELS MET DERDEPARTY-WEBTUISTES
  • Media24 mag slegs gerieflikheidshalwe skakels aan die gebruiker verskaf en die insluiting van enige skakel impliseer nie dat Media24 sodanige webtuistes goedkeur nie.
  • Webtuistes of webbladsye waarmee geskakel word, is nie onderworpe aan die beheer van Media24 nie. Media24 sal nie direk of indirek op enige wyse verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die inhoud van hierdie webtuiste nie, die gebruik van hierdie webtuiste nie, of die onvermoë om enige skakelwebtuistes of enige skakels in ’n skakelwebtuiste te gebruik of te besoek nie.
VEILIGHEID VAN INLIGTING
  • Alle redelike stappe sal gedoen word om ’n gebruiker se inligting te beveilig.
  • Gebruikers onderneem om nie hul gebruikersnaam of wagwoord aan enige ander persoon te verskaf nie.
  • Enige persoon, onderneming of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te verkry of te poog om ongemagtigde toegang te verkry tot enige blad op hierdie webtuiste, of om enige ongemagtigde, beskadigende of kwaadwillige kode op hierdie webtuiste aan te bring of om te poog om dit aan te bring. Enige persoon wat enige ongemagtigde, beskadigende of kwaadwillige kode op hierdie webtuiste aanbring of probeer aanbring of poog om ongemagtigde toegang tot enige blad op hierdie webtuiste te verkry, sal krimineel aanspreeklik gehou word en indien Media24 enige skade of verlies ly, sal siviele skadevergoeding geëis word.
AFSTANDDOENING
  • Onderworpe aan die voorwaardes van Artikels 43(5) en 43(6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies sal Media24 nie aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van hoegenaamd enige aard wat voortspruit uit die gebruik van hierdie webtuiste of die onvermoë om hierdie webtuiste te gebruik of uit die dienste of inhoud verskaf deur middel van hierdie webtuiste nie. Media24 sal voorts geen vertoë of waarborge lewer, geïmpliseerd of andersins, dat, onder meer, die inhoud en tegnologie beskikbaar deur middel van hierdie webtuiste sonder foute of weglatings is of dat die diens 100% ononderbroke en foutvry is nie.
  • Hierdie webtuiste word op ’n “voetstootse” basis aangebied en is nie saamgestel of verskaf om te voorsien in die gebruiker se individuele vereistes nie. Dit is die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker om voor hierdie ooreenkoms met Media24 aangegaan word, seker te maak of die diens wat deur middel van hierdie webtuiste beskikbaar is, sal voorsien in die gebruiker se individuele vereistes en verenigbaar is met die gebruiker se hardeware en/of sagteware.
  • Inligting, idees en menings wat op hierdie webtuiste weergee word, moenie beskou word as professionele advies of die amptelike mening van Media24 nie en gebruikers word aangemoedig om professionele advies in te win voor enige handeling ingestel word wat verband hou met inligting, idees of menings wat op hierdie webtuiste weergee word.
  • Nie Media24 of enige van sy agente of verteenwoordigers is aanspreeklik vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van watter aard ook al wat voortspruit uit die gebruik van enige produk wat op hierdie webtuiste verkoop word of die onvermoë om sodanige produk te gebruik nie.
  • Pos van enige aard wat na hierdie webtuiste gestuur word of e-pos wat na hierdie webtuiste gestuur word, word nie redaksioneel beheer nie en Media24 kan dus nie aanspreeklik gehou word vir onwettige of onkonstitusionele inhoud nie. Gebruikers vrywaar Media24 van alle aanspreeklikheid in hierdie verband.
SKEIBAARHEID
  • Hierdie Gebruiksbepalings en -Voorwaardes beslaan die volledige ooreenkoms tussen Media24 en u, die gebruiker van hierdie webtuiste. Enige versuim deur Media24 om enige reg of voorwaarde van hierdie Gebruiksbepalings en -Voorwaardes uit te oefen of af te dwing, sal geensins beskou word as ’n kwytskelding van sodanige reg of voorwaarde nie.
  • Indien enige bepaling of voorwaarde met betrekking tot die gebruik van hierdie webtuiste om enige rede nie volledig afdwingbaar of geldig is nie, is sodanige bepaling(s) of voorwaarde(s) skeibaar van die res van die bepalings en voorwaardes. Die res van die bepalings en voorwaardes sal nie geraak word deur sodanige onafdwingbaarheid of ongeldigheid nie en sal afdwingbaar en toepaslik bly.
TOEPASLIKE EN GELDIGE WETGEWING
  • Hierdie webtuiste word vanuit die Republiek van Suid-Afrika aangebied, beheer en bedryf en dus word die gebruik van hierdie webtuiste of die onvermoë om hierdie webtuiste te gebruik asook hierdie bepalings en voorwaardes deur Suid-Afrikaanse wetgewing beheer.
KONTAKBESONDERHEDE / DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI Indien u enige navrae het of toestemming wil verkry om enige gedeelte van hierdie webtuiste te gebruik, skakels, rame of soektogte ingesluit, kan u met ons in verbinding tree by:Weg se adres: 4de Verdieping, ABSA-sentrum, Adderleystraat 4 Kaapstad, 8001 Tel: +27 (0)21 443 9830 Faks: +27 (0)21 443 9912

KOMPETISIES

  • Deur aan enige kompetisie of promosie deel te neem aanvaar deelnemers die reëls en onderneem om daarby te hou. Bepalings en voorwaardes is geldig en bindend vir enigiemand wat deelneem.
  • Enige afwyking van die reëls en/of enige poging om die uitslag van kompetisies te manipuleer sal deelnemers onmiddellik diskwalifiseer.
  • Waar kompetisies vereis dat inskrywings per SMS gestuur word kos elke SMS R1,50. Gratis SMS’e geld nie.
  • Pryse is nie oordraagbaar nie en kan ook nie vir kontant geruil word nie.
  • Slegs Suid-Afrikaanse burgers mag aan kompetisies deelneem.
  • Werknemers van Media24 en hulle gesinne, asook werknemers van deelnemende borge, filiaalmaatskappye, advertensie-agentskappe en enigiemand wat by die promosies en kompetisies betrokke is, mag nie aan die kompetisies deelneem nie.
  • Indien jy verskeie kere vir ‘n kompetisie inskryf, moet jy vir identifikasiedoeleindes dieselfde selfoonnommer en e-posadres gebruik.
  • Die aflewering van pryse is die borge se verantwoordelikheid, en Media 24 sal nie aanspreeklik wees vir enige vertragings met die aflewering van pryse nie.
  • Die beoordelaars kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir laat inskrywings nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing. Media24 is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol voorgelê word nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie.
  • Kompetisie uitslae is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Pryswenners gee aan Media24 en die borge toestemming om hulle naam, besonderhede en foto’s na goeddunke en sonder enige verdere vergoeding vir publisiteitsdoeleindes te gebruik.
  • Enige persoonlike inligting, insluitend en sonder beperking deelnemers se naam, adres, telefoonnommer en/of e-posadres, sal slegs gebruik word waar dit met ‘n kompetisie verband hou, en word nie aan enige derde party bekend gemaak nie, behalwe vir die doeleindes van ‘n kompetisie, waar van toepassing.
  • Media24 behou die reg om die pryse vir enige kompetisie te wysig en met pryse van dieselfde waarde te vervang.
  • Enige prys word op die wenner se eie risiko aanvaar, en Media24 en sy filiale is in geen stadium aanspreeklik vir enige gebrek of fout in die pryse van watter aard ook al nie.
  • Wanneer iemand ’n prys wen en die besit en/of gebruik van daardie prys is onderhewig aan regulering of goedkeuring, moet die wenner in besit wees van watter dokumente en toestemmings/goedkeurings ook al vereis word om die prys te aanvaar en gebruik, en sulke dokumente, toestemmings of goedkeurings moet geldig wees vir die volle tydperk wat die prys gebruik word. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om dié dokumente, toestemmings en goedkeurings te bekom en teen hulle eie koste.
  • Media24 behou hom die reg voor om nié ’n prys toe te ken nie indien dit ’n onwettige situasie sou wees.
  • Media24 sal pryswenners vir twee weke lank probeer kontak nadat hulle naam getrek is. Maar indien die wenner nie in dié tyd opgespoor kan word nie – of hulle is nie in staat om die prys binne die bepaalde tyd op te eis nie – verbeur hulle die prys, en behou Media24 dan die reg om ’n nuwe wenner te trek, onder dieselfde voorwaardes. Dit is die deelnemers se verantwoordelikheid om die regte kontakbesonderhede te verskaf.
  • Deelnemers neem op eie risiko aan kompetisies deel en Media24 en enige derdepartyverskaffers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat regstreeks of onregstreeks uit die deelname aan ‘n kompetisie spruit nie.
  • Media24 het die reg om ‘n kompetisie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig, verander of op te skort. In so ’n geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle ingevolge ‘n kompetisie kan hê en erken hulle dat hulle niks van Media24, sy agente en borge sal kan verhaal nie.
  • Deur aan ‘n kompetisie deel te neem gee jy Media24 toestemming om van tyd tot tyd met jou te kommunikeer. Indien jy nie in sulke kommunikasie belang stel nie, het jy die reg om dit te weier.