book-icon Uitgawe Junie 2020
Deel

AA sê daar’s té veel brandstof

akkreditasie
Brandstofpryse
Brandstofpryse

Die vete tussen die olieproduserende lande is intussen iets van die verlede, en Rusland en Saoedi-Arabië het ooreengekom om produksie af te skaal. “Die ironie is dat die daling in brandstofpryse in ’n tyd plaasvind wanneer besighede en individue beperkte toegang het tot hulle eie voertuie,” lui ’n verklaring deur die AA van Suid-Afrika.

Die AA voorsien dat brandstofpryse waarskynlik oor die volgende paar maande verder sal daal, maar dat dit mettertyd weer sal styg namate die wêreldekonomie herstel – iets wat etlike maande (en selfs jare) kan duur.

Olieopgaartenks in heelparty hawens reg oor die wêreld is tot oorlopens toe vol en nuusagentskappe, onder andere Bloomberg en Fortune, berig daar is honderde swaargelaaide olietenkskepe buite plekke soos Kalifornië, Texas en Skotland wat op anker lê en wag tot hulle vrag eendag afgelewer kan word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan