Die Augrabiesvalle-Klipspringer-uitdaging het van 1 tot 2 Mei vanjaar na die Noord-Kaap teruggekeer – in die Augrabiesstreek.

Deelnemers het die adrenalien laat pomp terwyl hulle die unieke landskappe van die Kokerboomroete verken en die ongerepte woestynwildernis van naby ervaar het.

Dis al ons gunstelingaktiwiteite in een.

HOOGTEPUNTE VAN DIE GELEENTHEID

Die Augrabies Klipspringer-staproete vier die lewe, die liefde vir vry hardloop en die glorie van ongerepte natuur. En die deelnemers aan die Klipspringer-uitdaging het dit gewaag om die manjifieke Kalahariwoestyn en die roetes in en om die magtige Augrabiesvalle aan te pak. 

Dag een het in die ongerepte en afgeleë noordelike deel van die park plaasgevind en hardlopers deur landskappe geneem waar daar maar selde voorheen menslike voetspore was. Ten spyte van ’n paar moeilike tegniese dele en ’n steilte hier en daar wat jou dyspiere gelooi het, het vinniger hardlopers die aksie geniet terwyl hulle deur hierdie spesiale deel van die Kalahari gehardloop het.

Dag twee is in die suidelike deel van die park gehardloop en sluit die tradisionele Sanparke-Klipspringerstaproete van twee dae in. Dit was ’n taai en tegniese maar opwindende woestynwedloop wat hardlopers met van die skouspelagtigste landskappe en natuurskoon beloon het – onder meer asemrowende roetes al langs die rand van die Oranjerivier-canyon.

Sien al die hoogtepunte hier.

Wie sou kon raai ons het soveel prentjiemooi plekke so naby aan ons? Wanneer jy weer lus kry vir ’n avontuurlustige wegbreek of eksotiese wandelpad, reis na die Noord-Kaap – die provinsie van uiterstes.