book-icon Uitgawe Januarie 2019
Deel

Bababoetie vir Amarok

akkreditasie
Tarok
Tarok

Dié dubbelkajuitbakkie is merkbaar kleiner as die Amarok, maar het ’n unieke funksie: Die agtersitplekke vou vorentoe sodat daar ’n opening tussen die kajuit en die laaibak geskep word waarin jy items soos branderplanke kan laai.

“Met sy treffende targa-dak, charismatiese vooraansig, driedimensionele LED-strokies agterlangs en sterk lyne is die Tarok-konsep die eerste voertuig wat spog met die stilering van ’n voorstedelike sportnuts én ’n ware veldryvoertuig,” sê Klaus Bischoff, hoofontwerper by Volkswagen.

Die Tarok-konsepvoertuig word aangedryf deur ’n 1,4 l-turboaangejaagde viersilinderenjin wat 110 kW opwek. (Dié enjin voldoen aan Brasilië se behoefte om skoon etanol of ’n etanol-petrol-mengsel te kan ontbrand.)

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan